woord van Die President
  • soek iets
  • argiewe
  • dollarmense
  • Briewe
  • Lees
  • Skryf
  • Ter syde
    SA Krieket: nie sissies
    Staat oorweeg voorstel om Midrand aan Zimbabwe te verkoop
    Penis regstelling
    Meisie sê sy weet nie wat gaan aan nie
    Sekretaresse dagvaar God
    Sport
    Onvermydelike bewyse van verhoogde haai aktiwiteite in Scarborough
    Musiek
    Afrikaners nie meer homofoob


    Vra ma net
    Het jy op die "moenie hier kliek nie"-banner gekliek?
     Ja
     



    Afrikaners is rassiste
    Omtrent hoeveel persent van Afrikaners is rassiste?
     0%
     5%
     10%
     15%
     20%
     25%
     30%
     35%
     40%
     45%
     50%
     55%
     60%
     65%
     70%
     75%
     80%
     85%
     90%
     95%
     



    Rassisme/BEE/ Affirmative action
    Wat is meer fucktup?
     Rassisme
     BEE
     Affirmative Action
     Ek weet regtig nie meer wat is die verskil tussen die drie nie
     



    COPS
    Vertrou jy die polisie
     Ja
     Nee
     Ek is die polisie
     Ek is 'n cop, en trust me, jy kan hul nie vertrou nie
     

  • getelde stemme

  • Grafiese ontwerp:
    Afrikaners nie meer homofoob
    Randburg, Suid-Afrika. - Die wêreld se grootste Afrikaanse karaoke kompetisie in die Suidelike Halfrond, kykyNET se Idols, het weer interessante eienskappe omtrent die Afrikaner ontbloot. Dit wil nou blyk, omdat die gay oukie van Bloemfontein gewen het, dat die Afrikaner met een sterk stem duidelik sê "GAY IS OKAY".

    "Dis great, ons kom al 'n lang pad," meen Anna Voorval. Die zimdollar meen dis great dat die Afrikaner voel hy gaan vorentoe, maar is steeds erg bekommerd oor knaende kwessies soos die feit dat hul steeds verval in swak smaak. Die ergste van alles is dat hul nog steeds erg neig na rassisme. Dit het veral duidelik geword toe hul die een nie-blanke na die ander uitstem. Selfs nie eers Deon Maas kon ingryp om die Afrikaner van hul eie swak smaak te red nie.

    Die klimaks is egter bereik toe die laaste bietjie (nie-blanke) talent uitgestem is. Dit was reeds van 'n redelike vroeë stadium duidelik dat die enigste van vanjaar se Idol finaliste wat kon sing die kleurryke kleurlinggirl Valeska was. Die feit dat sy uitgestem is bevestig dat:

    1. Afrikaners het kak smaak
    2. Afrikaners is rassiste wat liewer kak sal luister as kleur sal sien


    Die Idols programbestuurders is effe bly dat hul soos Pontius Pilates hande in onskuld kan was. "Dis nie ons wat haar uitgestem het nie, dis julle die kyker," is na vermoede kwytgeraak in hierdie artikel deur 'n joernalis.

    Daar is egter sekere Afrikaners wat liberaal denkend is wat kwaad was oorlat Valeska uitgestem is, maar dis nou maar die natuur van die liberale Afrikaner:

    Liberale Afrikaner = Fokken apaties

    "Liberale Afrikaners sal graag op die kantlyn sit en veroordeel terwyl die fokken fucknuts, sonder smaak, smse stuur laat dit kak," vertel die taktlose Branna D. Rinker-van Staden.

    Party van die liberale Afrikaners, soos byvoorbeeld K wat slegs bereid was om een letter van sy naam te publiseer, het gesê: "Nou is my Idol-kyk career finaal verby." Dis altyd jammer om te hoor as mense hul werk verloor.

    'n Onlangs meningsopname het bepaal dat mense steeds glo dat 95% van Afrikaners rassist is:

    Opname uitslae: Afrikaners is rassiste
    Omtrent hoeveel persent van Afrikaners is rassiste?
    0%: 40
    5%: 27
    10%: 23
    15%: 18
    20%: 16
    25%: 17
    30%: 25
    35%: 16
    40%: 18
    45%: 11
    50%: 57
    55%: 12
    60%: 32
    65%: 21
    70%: 58
    75%: 36
    80%: 71
    85%: 48
    90%: 77
    95%: 323


    Antie Gris Jisme sê: "Dit verbaas my glad nie."

    Toast sê: "Die volk is in die kak."

    Frans Marks het gesê: "Ek is gatvol vir arm wees, ek gaan nou die Afrikaner se swak smaak uitbuit en ryk word."

    Toast sê: "Die volk is in die kak."

    Zoid sê: "Afrikaners is plesierig"

    Die President sê: "Afrikaners is obviously plesierige rassiste!"
    deur Jan Tuisbly , Tuesday, September 05, 2006
    SA Krieket: nie sissies

    Sri Lanka (nie vir lank nie). - Die Suid-Afrikaanse krieketspan (Die Protesters, ag ek bedoel, Proteas) is onlangs onregverdig deur media en mense gekritiseer omdat hul stert tussen die bene uit Sri Lanka wou vlug toe 'n bom blykbaar naby hul hotel ontplof het. Hulle het die res van hul kriekettoer laat vaar en teruggekeer na Suid-Afrika waar hul in relatiewe veiligheid ge-hijack en beroof kan word.

    Hulle aksies is verkeerd deur die media geïnterpreteer meen die zimdollar. As mens net die situasie klein bietjie anders bekyk lyk hul glad nie soos sissies nie. Deur te loop uit Sri Lanka as gevolg van geweld om liewer terug te keer na SA lyk dit vir die res van die wêreld asof SA sommer stukke veiliger is as wat regtig die geval is.

    As mens nou moet vinger wys, sal die media liewer die Proteas moet aanspreek omdat hul willens en wetens vir die wêreld in hul aksies gelieg het. Toeriste wat a.g.v. hul aksies in Suid-Afrika vermoor word se bloed is op SA krieket se hande. Maar in die lig gesien van hul braafheid wat hul ten toon gestel het deur na SA terug te keer behoort mens hul nie te kwalik te neem nie. Die zimdollar wil egter jong lesers herhinner: Leuens bly leuens en dis net somtyds toelaatbaar deur groot mense en julle moet onthou dis altyd beter om die waarheid te praat.

    So waar was ons, o ja, iets onbenulligs oor waarheid? Kom ons los liewer daai stront en gaan aan met die storie.

    "Ek is net bly die Afrikaners in London is nie sulke ambasadeurs vir SA toe die bomme daar geklap het nie, want wie wil nou al die rassisties dose weer terug hê in Suid-Afrika?" las Willem Pienaar by.

    Okay so daar is nie veel van 'n storie nie, moet dus nie jul tyd mors deur tot hier aan te hou lees nie.

    Anyway, well done die Proteas... hou SA se naam hoog! Daar is natuurlik die added benefit in die wete dat dit lekker is om nie games hoef te speel wanneer jy goed weet dat die opposisie meer as net effens die oorhand het oor jou; op die veld sowel as in jou kop.
    Ds. Attie Jisme
    Staat oorweeg voorstel om Midrand aan Zimbabwe te verkoop

    In 'n poging om Suid-Afrika 'n beter plek te maak oorweeg die regering van Suid-Afrika om Midrand en meeste dele van Centurion aan Zimbabwe te verkoop. Onlangse studies het getoon dat Midrand selfs 'n meer irreterende plek is as Bloemfontein en Ermelo saam.

    Die regering, insluitende Die President, president van die zimdollar, nie te verwar met die Thabo Mbeki, president van Suid-Afrika nie, het gevoel dat om Midrand aan enige iemand te verkoop 'n uiters goeie idee is, want sonder Midrand sal dit mens net 20 minute vat om van Johannesburg na Pretoria te ry. "Imagine net hoe cool gaan dit wees as die Allendale afrit nie meer ons probleem is nie," het Joost van der Westhuizen, eienaar van garage in Pretoria gesê.

    Die regering het genoem dat dit nie vir hul 'n morele probleem is om Midrand aan Zimbabwe te verkoop nie, aangesien, soos hul dit noem, Zimbabwe soveel probleme al reeds het, dat een ekstra nie veel gaan verskil maak aan die kak situasie waarin Zim hulself bevind nie. Al wat almal al lankal weet is dat: "Midrand hier moet weg, hoe gouer hoe beter!"
    Ma haat ma Ghandi
    Penis regstelling

    Almal wat gym doen het kort penisse waarvoor hulle probeer opmaak met spiere en hair remover. Dit gaan verander van hierdie maand af: die gym van die lewe gaan net mans met lang penise toelaat om te oefen. Van nou af gaan alle groot fris ouens ook die ouens wees met die groot piele. God dank want om te dink jou penis is klein en hom dan nog relatief tot jou liggaam kleiner te maak is irrasioneel ons moet die mense stop met hulle kak. Dankie gym van die lewe vir groot ouens met groot piele.
    Punk Pot
    Onvermydelike bewyse van verhoogde haai aktiwiteite in Scarborough

    Scarborough, Kaappunt – Die nuusspan van die zimdollar het onvermydelike bewyse van verhoogde haai aktiwiteite in Scarborough gevind. Hierdie bewyse is natuurlike nêrens anders as op Scarborough gevind nie.

    Hierdie week, nadat ‘n kajak roeier amper sy gat gesien het toe ‘n tamaai haai sy kajak ‘n gat in gebyt het, is onraad vermoed. Satelliet beeldmateriaal van Google Earth het groot donker voorwerpe in en om die waters van Scarborough gewys. Verdere ondersoek deur ‘n branderplank ryer het bevind dat die haaie op ‘n walvis karkas teer wat in die nabygeleë waters gestrand was. Die branderplank ryer het die bewyse van die walvis gevind toe hy op die strand gestap het. Niks meer is bekend nie, die branderplank ryer is ook nou vermis.

    Dit is nou waar die normale joernalis op straat se storie eindig, maar nie vir die hoogs talentvolle en oplettende joernaliste van die zimdollar nie. Na ‘n redelike lang en vrugtelose onderhoud met die walvis, het die joernalis opgemerk dat daar iets nie pluis is met die walvis se oog nie.

    Na deeglike inspeksie van die Nasionale See Reddings Instituut (NSRI) se rekords is daar gevind dat die luukse seiljag van die Minister van Omgewingsake , Mnr. Marinus van Schalknywerheid, in die omgewing was.

    Dit het dadelik onraad laat vermoed by die hele nuusspan en ‘n onderhoud is gevoer met die uwe. Toe daar uitgevra word oor die walvis het hy gese: ‘ Die vis het my ge”eyeball” en ek laaik dit nie, toe spoeg ek hom in die oog...’ Wat gevolg het kan ons maar net raai.

    A – Die walvis het alle sig in altwee sy oë verloor en kon nie sien waar hy swem nie en het op die rotse geloop.

    B – Die walvis het sy lyf op die rotse gegooi want hy kon die ondraaglike pyn van die chemiese afval in sy oe nie langer verdra nie.


    Toe die zimdollar span later die aand by die uwe se huis gaan inbreek[* nie op die rekord nie, ons bedoel dit by wyse van spreke], in die ware gees van die nuwe Suid-Afrika, om nuwe rekenaars TV’s en Playstation’s vir die kantoor te kry het hulle op die volgende notas, met stapsgewysde punte afgekom:

    Punt 1: `n Duister plan om beheer oor die ANC te verkry.

    Daar was geen verdere punte op sy agenda nie.


    Daar is bevind dat dit sy plan is om die ‘idee’ van `n gratis vakansie aan die Vryheids Front te verkoop.

    Die ‘idee’ behels dat die Vryheids Front ‘n gratis vakansie, by Scarborough, aan hooggeplaaste lede van die ANC se uitvoerende komitee en inderdaad enige ander ANC aanhanger te gee as ‘n gebaar van rekonsiliasie en om onjuisthede van die verlede reg te stel.

    Die uwe Mnr. Marinus is van mening dat vandat al die kompetisie uit die weg is sy kanse goed is om die volgende President van die ANC te word. Een van die eerste dinge op sy agenda as nuwe president, is die voortsetting van naamsverandering. Die African National Congress (ANC) sal dan voortaan bekend staan as die Herstigte Nuwe Nasionale Party (HNNP)

    ‘n Gekodeerde boodskap is gevind in `n onderhoud met een van die haaie. Dit lui as volg: Joernalis: ‘ Haai haai’ die haai antwoord: ‘ Mossie mossie’ Niemand was seker wat dit beteken nie en het dit Potchefstroom toe gestuur vir die de-kodering van die boodskap. Geen verdere onraad is vermoed nie, maar sodra die resultaat van Potch af terugkom sal iemand in kennis stel word... van iets.


    Stoffel Gieljam
    Meisie sê sy weet nie wat gaan aan nie

    Pretoria (of wat is daai ander naam nou weer?). - 'n Jong dame het een aand voordat sy oppad huis toe vertrek het, genoem dat sy al redelik lank daaraan dink dat wat in mens se koppe aangaan nie altyd tred hou met wat in werklikheid gebeur nie. Sy noem dat sy baie keer dink 'n ding is so en so en dan kom sy agter dis eintlik anders.

    "Niks is soos jy dink dit is nie," sê sy.

    Die gevolgtrekking is miskien nie so noemenswaardig nie, maar as mens in ag neem dat daar so baie mense is wat reageer op wat hul dink aan die gang is, is dit egter gevaarlik. Soos byvoorbeeld, vertel sy; "mmh, ek weet nie ek kan ure praat daaroor maar ek kan nie stories daaroor skryf nie, maar soos byvoorbeeld jy maak planne, want jy dink hierdie mense dink jy is supercool en hou baie van jou, meantime tolerate hulle jou net, of soos jou pa wat dink jy is kwaad vir hom, want 'n aanname van sy girlfriend oor iets wat ek miskien kon gesê het, het haar laat dink ek moet vir hom kwaad wees en toe sê sy vir hom ek is kwaad vir hom, maar dis net crazy want nou probeer sy verduidelik en om verskoning vra, maar hy weet nie eintlik waarvoor nie, en die joke is eintlik, ek was glad nie kwaad nie, so sorry ek kan nie regtig help met jou storieskrywery nie, dis malligheid."

    "Sien, dit is goed wat in mens se kop afspeel en dit maak geen sin terwyl die wêreld tog bietjie sin maak, of maak ons sin, ek weet nie, miskien maak die wêreld geen sin nie en ons maak so baie, dit bevestig weereens net dat die wêreld nie is soos wat ons dink dit is nie."

    "Nous daar 'n storie, maar dis snert, mens kan mos nie sulke goed skryf nie," sê sy. Die zimdollar wonder of sy nie nou bietjie van die punt afdwaal nie.

    "Punt, watse punt?" vra Die President.
    Petrus Traporrel
    Sekretaresse dagvaar God

    Beitbrug-Noord. - In 'n "gatvol vir die feit dat my chain letters nie werk nie"-attitude het 'n jong sekretaresse van 'n ondergrondse invoer/uitvoer-besigheid het Anna Voorval dit goed gedink om iemand verantwoordelik te hou.

    Na bewering is sy gatvol om 50 emails aan al haar vriende te stuur en sy hoor net van ander mense wat R123234.07 betaal is deur Microsoft. Sy het seker aangeneem dat Microsoft nog nie so hot seker is oor waar Beitbrug op die kaart le nie en vir Bill Gates vergewe. Sy is nie presies seker hoe dit werk nie, maar as dit van 'n email lys afkom, van een van jou beste email-vriende wat elke jaar vir jou 15 virtual kaartjies stuur en al die beste stoute grappies van die maand, dan moet dit waar wees.

    Anna het eers gedink dat haar geluk effe aan die skrapskant is terwyl al die ander mense sulke goeie geluk ervaar. Sy het niks vermoed totdat haar vriende dit vreemd gevind het dat sy nog nie eers R2.50 in die LOTTO gewen het nie. Meeste mense het dit ten minste al reggekry. "Miskien is die probleem dat sy elke week slegs een nommer speel terwyl almal weet jy moet ses kies," vertel Bloemerus Oosthuizen.

    Later het Anna ongelukkig gevoel oor die feit dat sy bloot net ongelukkig is. Meer ongelukkig as meeste. Op 'n dag ontvang sy 'n email van een van haar religious-freak email buddies wat sê dat God goeie goed met haar sal laat gebeur as sy die email vir nog 7 mense stuur. Op dieselfde dag is sy deur die plaaslike dokter as depressie-lyer gediagnoseer nadat sy dit aan 77 maal 7 mense gestuur het. Haar Prozac rekeninge het die hoogtes ingeskiet wat haar verder ongelukkig gemaak het.

    Dit was egter die laaste strooi en sy is nou van plan om God en al sy makkers wat sy emails rondstuur te sue vir elke pennie wat hul het. En as die regter dit nie toestaan nie, wil sy ten minste hul almal laat help betaal aan haar Prozac en doktersrekininge. Dis nie te veel gevra nie.

    Intussen ontvang Anna geen meer emails van enige van haar vorige buddies nie, maar slegs van 'n ding wat haar versoeke ignoreer om hul penis enlargement emails aan haar te staak.
    Email Suarez Barboza
    Pluto verklaar oorlog teen die Aarde

    Die voormalige planeet Pluto het onlangs oorlog teen die Aarde verklaar. Die redes vir hierdie drastiese besluit is deur ***(%** --=_-~ ; offisiele Plutiaanse publieke woordvoerder verduidelik: “Ons was onlangs uiters geskok toe Plutiaanse spioene vir ons ‘n radio boodskap gestuur het dat die Aarde besluit het om ons van ons planetere status te ontneem. Ons beskou hierdie stap as ‘n uiterse belediging. Die verwaande aardbewoners dink al vir jare hulle is die enigste lewendige wesens in die heelal en dit is tyd dat iemand hulle ‘n les leer”, het ***(%** --=_-~ gestaaf.

    ***(%** --=_-~ reken dat die aardbewoners se fasinasie met antieke wetenskaps teoriee soos Kwantum fisika hulle tonnelvisie gee en hulle dus nie kan raaksien dat die wêrelde buitekant hulle patetiese blou klippie krioel met lewe nie.

    “Die Plutiaaners se invloed op die planeet aarde is onmiskenbaar maar julle patetiese primate is te onosel om dit raak te sien. Daar is talle dinge op julle planeet wat julle as vanselfsprekend aanvaar wat van Plutiaanse oorsprong is”, aldus ***(%** --=_-~ .
    Pikkewyne, muskiete, die woord “o jitte” en eierklitsers is almal dinge wat ons te danke het aan Pluto. Talle Plutiaaners woon al ‘n geruime tyd onder die dekmantel op die aarde. Plutiaaners leef egter in ‘n ander dimensie en die subjektiewe beperkings van kwantum fisika maak dat meeste aardbewoners hulle nie kan raaksien nie. “Dit maak hulle egter nie minder gevaarliker nie”, reken ‘n ontstelde Prof Regshuizen. “Die HIV virus kan ook nie met die blote oog gesien word nie en kyk watse kak jaag dit aan.”
    Nie almal is so pessimisties oor hierdie dreigende oorlog nie. Prof Linkerberg deel nie sy kollega se negatiewe sentimente aangaande Pluto nie. “Aangesien Pluto so ver van die aarde af is gaan dit hulle weermag ongeveer 245 aardse jaar neem om ons te bereik. Teen die tyd wat hulle hier is sal hulle tien teen een of: a.) ons vergewe het of b.) vergeet het hoekom hulle aarde toe gekom het in die eerste plek”, reken prof Linkerberg.
    Gelukkig vir die aardbewoners sal dit nog ‘n geruime tyd neem voordat die toorn van Pluto op ons is en teen daardie tyd het ons sekerlik alreeds ons self en ons planeet self uitgewis. Sodoende sal die wiel draai en Pluto se sterrekundiges kan dan die aarde se planetere status ontneem.

    Thys Nywerheid
    Magarto mentrespo Amerika!

    Malo en li eestor pardo mes orto fela di gerno Amerika. So liertno fasoresgarto en libre do estrosta li ma pardo mes poesto de artrogna. Palomertre di gespertrogarma val ampi do neolordo li ma estra endalo pimorto di per meranto gesadrof?

    George Bush vi di om la erdo di estranoga pi lie no liertno gerno Amerika. Malon en li estrosta gel merfornomanato dilo na ma se poes istre virtromanogarmana. Poele ertro di manoga di legrostra opromarto dilerto si mo armpro el artogonasitlop. Perdli malorpo do estros? No perdli malorpo do estros! Pardo Bush se poes o la mi orpo di erno di ernostrogamalo.

    Bin Laden orla el queda miro sentros arma losbrie marglotro vi va ma korma. Borstra ma grompronatros di “Bush is a cunt” antro im al atrogna, di sernatro, di pernal et la ifna.
    Phyllis Steyn
    skryf gerus in vir die zimdollar se nuusbrief:
    naam
    van
    e-pos


    voorblad

    die President se keuse
  • "my nuwe song", Shakespear
  • 'n beter net vir almal
  • agtergrond
  • Amerika se kant
  • angstige ouens
  • antwoorde op jou vra
  • apartheid
  • ATKV - Ons maak 'n verskil in Afrikaans
  • blafhik
  • boes
  • brannasinspekteur
  • CMH steel zimdollar storie
  • corné en twakkie
  • die beste blad op aarde
  • die naais amerikaners
  • die wit rus
  • etchasketch
  • flirtasie met animasie
  • foom
  • fun to smoke marijuana
  • geloof
  • geloof vs godsdiens
  • Hierrie ouens maak uit van God
  • hoekom kan almal nie?
  • insult me shakespeare
  • iol steel zimdollar storie
  • Jesus Playstation 2
  • kaktus
  • kerk van die onderbegaafdes
  • kompetisie
  • kwouts
  • kyk wat sê die CIA
  • kyk wie's kunstig
  • Lichtenstein?
  • maak jou eie goggas
  • my favourite band
  • mytrieks
  • namibië te hore
  • NASA GOES POES
  • nathaniel stern
  • om te nie koop nie
  • Oorlog
  • planetcrossing
  • praat saam
  • red NY
  • Rhythm Records
  • skakels vir afrika
  • skopbeen - kwytraaksite
  • spasie vir animasie
  • speel meel
  • Springbok radio
  • stories in swart en wit
  • the buckfever underground
  • thys nywerheid
  • vetseun
  • vlaamsblok
  • waas die mense?
  • wapens van massa diskussie
  • weird fokkers
  • weird vloekers
  • wie is wie?
  • woes
  • yahoo steel zimdollar storie

  • Susters
  • #FF33CC
  • Evidence of the Polite Force
  • gesteelde goedere
  • Mugu Studio
  • ons ander koerant

  • Spilmoonthede
  • 12Hz
  • Riku Lätti

  • Kristoe se keuse
  • Amerikaanse site wat zimdollar na-aaapp!!?!
  • gayms
  • hietshaaikers gaaid
  • John Cleese
  • kaa kaa en kaa (vir dan roodt)
  • kry jou huis - ct
  • kry jou huis - jhb
  • kry jou huis - pta
  • Miljoene dinge
  • vinger jou

  • betsi se keuse
  • lekker moewies
  • lopende mense
  • nee nee nee

  • Augen auf
  • auslaendergewalt
  • buerger bewegungen
  • das gibts doch nicht
  • jungefreiheit
  • leverkusener-aufbruch
  • pro koeln
  • radio-freiheit
  • un-nachrichten
  • wk-institut
  • www.kopfmord.de
  • www.rocknord.de
  • zukunft-europa

  • Lotter se keuse
  • English/Swahili doctionary
  •